NewsSchools

Florrie-leerder se visier ingestel

Caitlin verower dubbelgoud en silwer by kompetisie.

Caitlin Oelofse, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Florida se visier was behoorlik ingestel toe sy onlangs aan ‘n kompetisie in die Oos-Kaap deelgeneem het.

Sy het as lid van die Gauteng-presisiespan aan die ope toernooi van die South African Air Rifle Association (Saara) in Grahamstad deelgeneem en drie medaljes verwerf – twee goud en een silwer.

Caitlin het onlangs van die Sporter-klas na die Presisie-klas oorgeskuif en haar skool, asook provinsie, se naam hoog gehou. In die 3P-aflositem het sy, met ‘n telling van 577 uit 600 ‘n gouemedalje verwerf. In die 10M Olimpiese item het sy ‘n telling van 395,2 uit 400 behaal en ‘n silwermedalje ontvang. Die Gauteng-presisiespan is as die algehele wenners van die kompetisie aangewys, en het ‘n gouemedalje verwerf.

Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte, het gesê hulle is baie trots op Caitlin. “Sy het die Florrie Magic wyd in die Oos-Kaap gestrooi en ons wens haar geluk met haar pragtige prestasies,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button