Editor's choiceNewsSchools

Florries sê skaakmat

Anja Schoeman, Melissa van Eeden, Tyrone Kruger en Marko Kies het Florries se naam hoog gehou toe hulle 'n negende plek by die toernooi behaal het

Hoërskool Florida se skaakspan het al die regte skuiwe by ‘n onlangse skaaktoernooi gemaak en baie goed presteer.

Die toernooi is by Grey Kollege in Bloemfontein gehou en 40 van die beste skaakspanne in Suid-Afrika het in Afdeling A met mekaar meegeding. Elke span het uit vier spelers bestaan.

Anja Schoeman, Melissa van Eeden, Tyrone Kruger en Marko Kies het Florries se naam hoog gehou toe hulle ‘n negende plek by die toernooi behaal het. Marko het al vyf sy wedstryde gewen.

Volgens Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte, is dit ‘n besondere prestasie. “Ons is baie trots op hierdie skaakspan wat ons skool se naam so hoog gehou het,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button