Agtien Kruiner-atlete in Roodepoort-span opgeneem

Dertien atlete deur na Gauteng-kampioenskappe

Die Kruiner-atlete het skitterend presteer tydens die onlangse D12-kampioenskappe wat by Ruimsig-atletiekstadion plaasgevind het.

Negentien atlete was deel van die Roodepoort-span wat aan dié jaarlikse byeenkoms deelgeneem het. Die atlete wat tydens die kampioenskappe plekke behaal, kry almal die geleentheid om hul streek in Maart by die Gauteng-kampioenskappe te verteenwoordig.

Agter van links: Zane Commerford, Ruan Nel en Juandré Labuschagne. Voor van links: Chrystal-Leigh Schaper en Chana Cronjé.

Vanjaar het 13 van Laerskool Helderkruin se atlete vir die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer. Volgens Hanli-Mari Olivier, die skool se kommunikasiebeampte het hulle dié jaar ook vir die eerste keer aan die stapitem deelgeneem. “Ons het baie goed in dié item gevaar, en ons hoofdogter, Mienke Rossouw het vir die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer,” het sy gesê.

Die Kruiner-atlete wat aan die kampioenskappe gaan deelneem, is Mienke Rossouw, Shovani Steinmann, Chana Cronjé, Ruan Nel, Danelle Beylefeld, Angelique de Jager, Brenden Venter, Kaylie van Oudshoorn, Divan Kruger, Juandré Labuschagne, Zane Commerford, Thristan Cronjé en Hendrik Beyleveld.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version