Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Veertien Havie-atlete pryk in Roodepoort-span

Atlete presteer by Roodepoort Kampioenskappe

Veertien van Laerskool Dr Havinga se atlete is na die afgelope Roodepoort Kampioenskappe wat by Ruimsig plaasgevind het, in die Roodepoort-span opgeneem.

Carmen Nel het ‘n derde plek in diskus behaal. Foto: Sonwabile Antonie

Daar het 25 Havie-atlete aan 15 verskillende items by die byeenkoms deelgeneem en hulle het sewe eerste plekke, vier tweede plekke, drie derde plekke en drie vyfde plekke behaal.

Die atlete wat in die Roodepoort-span opgeneem is, is:

– Yahrisha Gericke (eerste plek in die 60m en 80m)

– Claudine Lues (derde plek in gewigstoot)

– Leani Swanepoel (tweede plek in die 1 200m)

– Chenelle Axsel (tweede plek in die 1 200m)

– RunĂ© Etsebeth (derde plek in verspring)

– Marno Snyman (eerste plek in die 150m hekkies)

– SuzĂ©l Zevenster (vyfde plek in spiesgooi)

-Tlotlo Mosadi (tweede plek in die 1 500m stap)

– Lucky Mazibuko (eerste plek in die 1 500m stap)

– Ashley Denner (tweede plek in die 1 500m stap)

– ShiantĂ© du Toit (vyfde plek in spiesgooi)

– Carmen Nel (derde plek in diskus)

– Candice Jones (derde plek in gewigstoot en vyfde plek in diskus)

– Heinrich Jacobs (eerste plek in hoogspring, 80m en 200m hekkies)

Anesta Zevenster, die skool se skakelbeampte het elkeen van die atlete met hul mooi prestasies geluk gewens en sterkte toegewens vir die D12-kampioenskappe wat voorlĂŞ.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button