Roodies maak ‘n verskil

Hoërskool Roodepoort help om lewens te red

Die onderwysers en leerders van Hoërskool Roodepoort het onlangs hul harte (en are) vir hul medemens tydens ‘n bloedskenkdag by die skool oopgemaak.

Johan van Jaarsveldt, Hoërskool Roodepoort-hoof het ook bloed geskenk.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het die leerders en onderwysers van die skool uitgedaag om aan hierdie inisiatief deel te neem en ‘n verskil te maak met hul skenking. “Ons leerders en onderwysers het die uitdaging aanvaar en het met oorgawe deelgeneem. Ons het 46 skenkings van 500ml elk aan die Nasionale Bloedbank gedoen,” het Sandrie van Graan, die skool se skakelbeampte gesê.

‘n Roodie-leerder reg om bloed te skenk. Fotos: Verskaf

Die SANBS het ook sewe meisies aangewys om deel te wees van ‘n portuurgroepinisiatief. Hulle moes die nodige reëlings tref en leerders aanmoedig om bloed te skenk. Muneebah Richards, Lebo Marumo, Nomusa Mtlhane, Lisa Ukpeli, Constance Kureva, Elo Gordon en Zoë Msibi was deel van hierdie groep.

“Hierdie meisies het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het mooi vir hul medeleerders wat bloed geskenk het, asook die SANBS-personeel gesorg,” het Sandrie gesê.

JP Greyling, een van die nuwe onderwysers, doen sy deel.

Die terugvoering wat die skool van die SANBS ontvang het, was baie positief en die dag was ‘n reuse sukses. “Ons sê baie dankie vir elke leerder en onderwyser wat ‘n verskil met hul skenking gemaak het,” het sy afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version