NewsSchools

Jong jukskeispelers skitter

Bastion se jukskeispelers presteer

Vier leerders van Hoërskool Bastion het onlangs aan jukskeikompetisies deelgeneem en uitstekend presteer.

Wion Horn en Devan van der Velde was deel van die o.16A Wes-Randse seunspan wat in Kroonstad deelgeneem het. Hul span het ‘n gouemedalje verwerf.

Devan was ook deel van die 0.16 gemengde dubbelsspan wat ‘n bronsmedalje verwerf het. Hy is tot die Suid-Afrikaanse span verkies wat teen Namibië te staan gekom het. In hierdie kragmeting het die SA-span met die eerste plek weggestap en ‘n gouemedalje verwerf.

Matuschka de Jager.
Matuschka de Jager.

Dylan Erasmus het as lid van die o.19B-span ‘n algehele derde plek behaal.

Matuschka de Jager het saam met die o.19B-meisies asook o.19B-dubbelsspan deelgeneem en twee silwermedaljes verwerf. Sy is ook tot die Suid-Afrikaanse Akademie-uitnodigingspan verkies en as kaptein aangewys. Hulle het ‘n silwermedalje verwerf.

“Baie geluk aan hierdie leerders, Bastion is trots op julle!” het Monique Naudé, die skakelbeampte by die skool gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Lees ook: [insert related story here and hyperlink]

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button