NewsSchools

Bastion presteer by atletiekbyeenkoms

Reën demp nie die gees by byeenkoms nie

‘n Onverwagse reënbui kon nie die gees demp van die atlete wat onlangs aan ‘n atletiekbyeenkoms by Hoërskool Bastion deelgeneem het nie.

Bastion was die gasheerskool vir Hoërskool Roodepoort en Hoërskool Jan Viljoen se atlete, en volgens die kommunikasiebeampte van die skool, Monique Naudé, was die byeenkoms ‘n reuse sukses.

Demi Janse van Vuuren het aan gewigstoot deelgeneem.
Demi Janse van Vuuren het aan gewigstoot deelgeneem.

“Beide die skole teen wie ons deelgeneem het, het baie strawwe kompetisie gebied. Ons is baie opgewonde oor die atletiekseisoen,” het sy gesê.

Die dag se program het 120 items ingesluit en Bastion se atlete het 61 eerste plekke, 38 tweede plekke en 37 derde plekke behaal.

Abrie Roesch het hekkies gehardloop. Fotos: Verskaf
Abrie Roesch het hekkies gehardloop. Fotos: Verskaf

Die twee atlete wat die meeste punte vir die dag behaal het, was Anuscka Couvarus en Zian McKittrick. Anuscka het 756 punte behaal in gewigstoot met ‘n afstand van 11,32 meter en Zian het 733 punte behaal in hoogspring met ‘n hoogte van 1,70 meter.

Die atlete van die dag was Zian McKittrick en Anuscka Couvarus.
Die atlete van die dag was Zian McKittrick en Anuscka Couvarus.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button