Uitnodiging aan Nederlands-sprekende mans

"Die persoon sal geskakel word vir 'n afspraak."

Die Vrymesselaars is op soek na Hollands- en Afrikaanssprekende mans om by die losie aan te sluit.

Die Voorsittende Meester, Steve Groeneveld het gesê dat mans ouer as 18 jaar kan aansluit. Hy het verduidelik dat die losielede oorwegend Hollands-sprekend is. “Dis ‘n broederskap, nie ‘n godsdiens nie en kultureel is die Vrymesselaars van Hollandse oorsprong. Dis die oudste instansie wat mans nooi om by hulle aan te sluit.”

Steve het vertel dat die Vrymesselaars reeds die 17de eeu in die Kaap bedrywig was.

“Die persoon sal geskakel word vir ‘n afspraak. Hoewel welsynswerk nie verpligtend is nie, word die lede verplig om een keer ‘n maand ‘n vergadering by te woon. Daar is baie simboliek in die Vrymesselaars en hoewel dit nie gekoppel is aan ‘n geloof nie, verwys ons na die Opperboumeester van die Heelal. Alles wentel om Hom want hy is die argitek van die heelal. Die instansie het ontstaan tydens die bou van die Tempel van Salomo.”

Volgens Steve word lede ingewy as ‘n leerling, “Die persoon kan bevorder word tot meester, waar die meeste mans bly. Hulle kan egter uitvertak en ander organisasie binne die bedryf stig. Bevordering geskied net tot streeksvlak, ons verwys daarna as die hoogste vlak 33. Ons glo dis die ouderdom wat Jesus was toe hy gekruisig is.”

Hy het verduidelik dat welsyn nie net onder die publiek bevorder word nie, maar ook onder die lede. Daar word egter nie geld gegee nie, maar eerder produkte soos kos, en hulle staan nie op straat om te bedel nie.

“Die doel van die uitnodiging aan mans om aan te sluit is om die losie uit te brei, maar dit is noodsaaklik dat hulle die taal sal verstaan. Die lede ondersteun ook mekaar se besighede en ons glo nie daaraan om besigheid op die gholfbaan te doen nie,” het Steve gesê.

‘n Mite wat hy graag in die kiem vir smoor is dat die Vrymesselaars ‘n geheime organisasie is. “Ons is ook oop vir alle rasse.”

Enigiemand wat belang stel om deel van die organisasie te word, kan vir Steve by 083 267 4831 of Piet Konemann by 083 307 2211 skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version