NewsSchools

Twee nuwe onderwysers by Florries

Groot opgewondenheid by Hoërskool Florida

Daar is groot opgewondenheid by Hoërskool Florida oor die twee nuwe onderwysers wat by die skool aangesluit het.

Talita Niemann is die nuwe Ekonomiese en Bestuurswetenskappe- (EBW-) onderwyser vir Graad 8 en 9, en sy gaan ook Besigheidstudies vir die Graad 10’s aanbied.

Stephné Scheffer gaan vir die Graad 8- en 9-leerders Lewenswetenskappe aanbied.

Die hoof en personeel verwelkom hulle met ope arms en glo dat hulle slaggereed is vir hul nuwe uitdagings en verantwoordelikhede.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button