Roodies se hoofleiers aangewys

Nuwe hoofleiers gereed vir nuwe jaar se uitdagings

Hoërskool Roodepoort begin die nuwe skooljaar op ‘n hoë noot na hul uitstekende 2016-matriekuitslae.

Die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) se Dagbestuur vir 2017 is onlangs aangewys, en hulle is gereed om die 2017-matriekgroep in hul voorgangers se voetspore te laat volg.

Die VLR-dagbestuur se dienstydperk strek van Augustus 2016 to Augustus 2017. Hulle is Gerhard Duminy (Hoofseun), Inge du Plessis (Hoofdogter), Freddie Jacobs (Onderhoofseun), Leandri Myburgh (Onderhoofdogter), Nicole Theron (addisionele lid) en Clerise Alexander (addisionele lid).

Die hoof en personeel glo en vertrou dat hierdie groep leerders 2017 met al sy verantwoordelikhede en geleenthede sal aangryp en met oorgawe sal lei.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version