Editor's choiceLocal newsNews

Totsiens 2016

Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2017

So staan 2016 ook einde se kant toe, en ek vra myself, “Waar is die tyd heen?” Dit voel asof hierdie jaar verby gevlieg het en ek net ‘n toeskouer was.

Ons lewe is so gejaagd en ons kry nooit tyd om kwaliteittyd saam met ons geliefdes te spandeer nie, want ons is altyd op pad iewers heen. My wens vir hierdie Kerstydperk is om die voet van die versneller af te haal en rustig te raak. Om tyd te maak om saam met my man en dogters te spandeer, en op hoogte te kom met wat in elkeen se lewe aangaan en weereens die belangrikheid van gesin en familie te besef. Ek gaan definitief hierdie Kers- en vakansieseisoen gebruik om nuwe tradisies te begin en baie memories te maak.

2016 was vir my persoonlik ‘n baie groot jaar, want ek het die geleentheid gekry om my groot droom en passie om ‘n joernalis te wees, uit te leef – en ek was nog nie vir een oomblik spyt nie.

Vir my, wat ‘n groot sportliefhebber is, was die Springbok-rugbyspan se vertonings ‘n baie groot teleurstelling wat my in ‘n paar weke se depressie gedompel het. Ek het besluit om vir Allister ‘n briefie te skryf en hom ‘n paar afrigtingidees te gee vir 2017… Die Blitsbokke aan die ander kant, het my weer hoop gegee en my hart warm laat klop.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om al die Record se lojale lesers te bedank vir hul ondersteuning deur die jaar. Mag elkeen van julle ‘n geseënde Kersfees hê en mag 2017 gevul wees met vreugde, geluk en seën.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Lees ook: [insert related story here and hyperlink]

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button