Editor's choiceLocal newsNews

Kinderharte verbly met geskenke

Kersfees kom vroeg by Angel's Place

Die kinders van Angel’s Place is verras met vroeë Kersgeskenke wat groot opgewondenheid en blydskap veroorsaak het.

Die Record het verskeie donasies van die gemeenskap ontvang wat die oggend van 14 Desember aan die kinders oorhandig is. Met ons aankoms was almal eers ‘n bietjie skugter, maar toe hulle hoor wat die doel van ons besoek was, is die ys gebreek.

Elke kind het ‘n pakkie gekry en hulle kon nie wag om te sien wat alles daarin was nie. Die ogies het geblink en elke item is uitgehaal en geïnspekteer. Die glimlaggies was baie breed toe hulle die lekkergoed sien – wat ook sommer dadelik geëet moes word!

Cisca Bartmann van Angel’s Place is baie dankbaar vir al die hulp en donasies wat hulle van die gemeenskap ontvang het. “Ek wil net van ons kant af baie dankie sê vir die gemeenskap se betrokkenheid en bereidwilligheid om ons te help.

Daar is so baie mense wat omgee en ons het selfs iemand van Kuruman af wat ons wil help! Dankie vir elke geskenkie, uitstappie en mooi gebaar, dit word opreg waardeer,” het sy gesê.

Voor die Record vir elkeen totsiens gesê het, het ons vir Cisca gevra wat haar Kerswens is. Haar antwoord was, “Die kinders wat by ons bly wil so graag aan buitemuurse aktiwiteite deelneem, maar kan nie altyd nie, weens vervoerprobleme. As daar dalk ‘n vrywilliger is wat bereid sal wees om ons in die middae met vervoer van en na aktiwiteite toe te help, sal dit so baie waardeer word.”

Vir enige verdere inligting of om hulp aan te bied, kontak vir Cisca by 082 705 2478.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button