Editor's choiceLocal newsNews

Motorfietsklub versprei Kersfees gees

Lede van die Wicked Wheels motorfietsklub bederf inwoners van Floroma ouetehuis

Die bejaardes van die Floroma ouetehuis in Florida is onlangs verras met ‘n besoek van Kersvader en geskenkies wat aan hulle uitgedeel was.

Volgens Neels Jonker, die president van Wicked Wheels motorfietsklub, het hulle die ouetehuis as hul liefdadigheidsorganisasie aangeneem. “Ons doen altyd iets vir hulle op Valentynsdag, met Paasfees, en vir Kersfees,” het hy gesê.

Hulle het hierdie jaar besluit om ‘n paar basiese benodighede in te samel en dit in geskenkpakkies gesit om vir die inwoners van die ouetehuis uit te deel. “Ons het met Marietjie Swart van Floroma gesels wat vir ons ‘n lysie aangestuur het van wat die mense nodig het. Ons het ook ‘n sagte speelding by elke pakkie ingesluit,” het Neels vertel.

Die Kersgeskenke is deur die klublede self ingesamel. Met hulle aankoms, het Kersvader (Neels Jonker) die geskenke aan die inwoners uitgedeel en daarna het hulle bietjie partytjie gehou. “Ons het vir die mense musiek gespeel, met elkeen gesels en daarna saam met hulle geëet. Ons het ongeveer ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half daar deurgebring,” het hy gesê.

Marietjie het gesê dat die bejaardes die dag vreeslik baie geniet het. “Jy weet, bejaardes is maar soos kinders, hulle is ook baie lief daarvoor om geskenkies te kry vir Kersfees. Wicked Wheels se lede het vir elkeen van die inwoners ‘n geskenkpakkie gebring, en vir al die personeel ook,” het Marietjie gesê.

Die bestuur en inwoners van Floroma spreek hul dank uit teenoor Neels en Mariette, asook die klublede van Wicked Wheels vir die mooi gebaar. Die dag het herinneringe van die bejaardes se jong dae weer na vore gebring en die harte sommer warm laat klop.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button