NewsSchools

Kruiners wys hoofleiers aan

Hoofleiers by spoggeleentheid aangewys

Laerskool Helderkruin het onlangs hul leiers en taakrade vir volgende jaar by ‘n spoggeleentheid aangewys.

Tydens die geleentheid is al die Graad 7-leerders in verskillende taakrade soos die sportraad, gemeenskapsraad, kultuurraad en sosiale raad ingedeel. Die doel van die taakrade is om vir elke leier ‘n spesifieke taak en plig te gee om gedurende die jaar te vervul.

Die hoofleiers is ook tydens die geleentheid aangekondig. Die onderhoofdogters is Liezl Cloete en Celeste Viljoen. Die onderhoofseuns is Dian Huyser en Brenton Branco. Mienke Rossouw is as hoofdogter aangewys en Hendrik Beyleveld as hoofseun.

Hanli-Mari Olivier, die kommunikasiekoördineerder van die skool het die volgende gesê, “Die Kruiners wens julle alle voorspoed toe vir 2017. Mag julle in die jaar wat kom in die voetspore volg van die Een wat die grootste leier van alle tye was. Onthou, ons lei deur voorbeeld. Bly nederig en getrou en, soos John C Maxwell sê, ‘Ons lei deur self die pad te loop, te wys en te ken.'”

Lees ook

Laerskool Helderkruin se OppiKruin Fees

Laerskool Helderkruin gee die pas aan met nuwe telbord

Related Articles

Back to top button