Editor's choiceNewsSchools

Kruiners ontvang nuttige geskenk

Leiers skenk sleepwaentjie aan skool as afskeidsgeskenk.

Laerskool Helderkruin het onlangs ‘n baie groot en nuttige geskenk ontvang.

Dit is tradisie vir elke jaar se leiergroep ‘n afskeidsgeskenk vir die skool gee. Hierdie jaar het hulle besluit om iets nuttig te skenk – ‘n splinternuwe sleepwaentjie.

20161117_092614 (Medium)

Die geld om die sleepwaentjie te koop is regdeur die jaar by die skool se verskillende byeenkomste en funksies ingesamel. Die leiers het ook klein geskenkies gemaak wat vir Moeders- en Vadersdag verkoop is. Die skool het besluit om ‘n interne kompetisie onder die Graad 7-leerders te hou om ‘n naam vir die waentjie te kies.

Volgens die skool se kommunikasiekoördineerder, Hanli-Mari Olivier is die skool baie dankbaar vir die groot geskenk. “Ons wil vir elke leier en hul ouers baie dankie sê vir hulle harde werk, inisiatief en moeite. Mnr Schutte en die skool waardeer die gebaar en ons weet die waentjie gaan baie uitstappies en kampe vergemaklik,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button