Editor's choiceLocal newsNews

Sentrum wy nuwe vleuel in

Roodepoort Sentrum vir Bejaardes spog met 'n nuwe vleuel

Die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes het op 28 Oktober hulle nuwe vleuel vir Alzheimers- en demensiepasiënte ingewy.

Die vleuel is die eindproduk van ‘n twee jaar lange projek wat deur een van die sentrum se inwoners, Danie Lategan, 75, begin is. Volgens Johann Smit, die beheerraadvoorsitter is ‘n Alzheimers/ demensievleuel noodsaaklik. “Dit is algemeen beken dat mense langer lewe en hulle het ‘n behoefte aan ‘n behoorlike tuiste wat hul menswaardigheid erken,” het hy gesê.

Daar was ook 'n spesiale koek vir die geleentheid.
Daar was ook ‘n spesiale koek vir die geleentheid.

Danie se idees is aan die Raad voorgelê en dit is goedgekeur. TC Designs is as die argitekte aangestel.

Volgen PW Hattingh van TC Designs was die konstruksieproses gekompliseerd maar tog ook lekker. “Dit is nie net ‘n gebou met vier mure nie, maar is geskep deur mense wat hul harte en siele in die projek gestort het. Die gebou moet nie soos ‘n hospitaal voel nie, maar moet ‘n huislike atmosfeer hê,” het PW gesê.

Loraine Schirlinger van Alheimers Suid-Afrika was die gasspreker. Fotos: Adéle Bloem
Loraine Schirlinger van Alheimers Suid-Afrika was die gasspreker. Fotos: Adéle Bloem

‘n Gasspreker van Alzheimers Suid-Afrika het ‘n praatjie oor die siekte gegee het. Loraine Schirlinger het die mense se aandag vasgevang met verstommende feite oor die siekte.

Danie, wat heelpad betrokke was by die projek, was baie emosioneel oor die eindproduk. “Vir my persoonlik is hierdie mylpaal baie besonder. Dit was vir my lekker om weer met ‘n hardehoed op die bouterrein te wees. Miskien sal ek nou bietjie stadiger kan leef na die voltooiing van dié projek,” het hy laggend vertel.

Die lekker eetgoed.
Die lekker eetgoed.

Jolene Pyper, die sentrumbestuurder het afgesluit met die woorde, “Ek wil net vir Danie baie dankie sê vir sy hulp en insette met die projek. Dit is nie net ‘n gebou nie, maar ‘n nalatenskap.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button