Editor's choiceNewsSchools

Matrieks vereer

Bastion groet hulle matrieks met kerkdiens en prysuitdeling

Die matriekleerlinge van Hoërskool Bastion is op 18 Oktober vir die laaste keer vir hulle prestasies vereer.

Die matriek kerkdiens en lourieroggend (prysuitdeling) is by die NG Kerk Culembeeck gehou. Dit was die matrieks se laaste skoolfunksie voor hulle met eindeksamen begin het.

Theuns Naudé oorhandig Jaen-Mirie Blumenthal se toekenning aan haar. Fotos: Verskaf
Theuns Naudé oorhandig Jaen-Mirie Blumenthal se toekenning aan haar. Fotos: Verskaf

Daar was talle toekennings vir verkeie prestasies in sport, kultuur en akademie. Die Top 10 is ook aangekondig.

Theuns Naudé en Louis Viljoen.
Theuns Naudé en Louis Viljoen.

Die Vonnie Meyer toekenning vir Fyn Menswees is hierdie jaar aan drie leerlinge toegeken. Die leerling wat hierdie toekenning ontvang, moet aan die volgende kriteria voldoen:

– Fyn opgevoede persoon

– Onberispelike voorkoms

– Hulpvaardig, eerlik en opreg wees

– ‘n Lojale Bastionner wat ‘n voorbeeld vir ander stel

– ‘n Vriendelike persoon met ‘n mooi geaardheid

– Betrokke by fondsinsamelings

– Passie om hul medemens te dien en besorg oor minderbevoorregtes.

Die leerlinge wat hierdie toekenning ontvang het, is Jaen-Mirie Blumenthal, Roelof Bosch en Louis Viljoen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button