Kruinerkoor sing in harmonie
"Dankie aan Elise Fourie (dirigent) en Melinda Nel (pianis /begeleier) vir al hulle harde werk en opoffering"
Die junior koor van Laerskool Helderkruin het die Sing in Harmonie-finaal op ‘n hoë noot afgesluit.
Hulle het onlangs deelgeneem aan dié kompetisie se finaal, wat by Silverstar Casino aangebied is, en met drie toekennings in die volgende kategorieë weggestap:
? Kykerskeuse
? Beste Afrikaanse lied
? Beste nuweling in die kompetisie
Hanli-Mari Olivier, die bemarkingsbeampte van die skool het gesê, “Dankie aan Elise Fourie (dirigent) en Melinda Nel (pianis /begeleier) vir al hulle harde werk en opoffering”.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!