Editor's choiceNewsSchools

Kruiners lees vir ‘n goeie doel

Elke leerling in die skool het die afgelope week elke dag aan 'n leesperiode deelgeneem.

As jy self dink en doen, is jy beperk tot jouself. As jy lees en dink en doen, is die wye wêreld jou helper. (Readers’ Digest)

Die leerlinge van Laerskool Helderkruin het die afgelope week hierdie leuse met hulle leesweekinisiatief by die skool uitgeleef.

Hierdie projek was die idee van Jeannemarie Lotter, ‘n Graad 3-onderwyseres by die skool. Elke leerling in die skool het die afgelope week elke dag aan ‘n leesperiode deelgeneem. Die leesperiode was 20 minute lank en is met die kenwysie van Bennie Boekwurm begin. Die projek eindig Donderdag (29 September) en daar is oulike pryse vir die leerlinge.

Die Kruiners lees nie net vir hulself nie. Hulle het ook ‘n boekbank begin wat met die leesweek gepaard gaan. Elke leerling is gevra om ‘n ou storieboek te bring wat aan minderbevoorregte kinders geskenk gaan word.

Op dié manier word die wonder van lees aan elkeen beskikbaar gestel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button