Bederfdag sorg vir groot geld

Die kinders kon ook gaan swem en het meer as genoeg te eet en drink gehad.

Behalwe vir reën op ‘n sinkdak, is daar niks mooier as wanneer die klowe weerklink van kinders se skaterlag nie.

Die IDA Care Foundation het nie net hul personeel van Independent Dealer Association op Erfenisdag bederf nie, maar die kinders van Angels Place in Roodepoort en Bethany House in Krugersdorp was die eregaste.

Volgens Loni van der Merwe, administrateur van IDA Care het die boeresportdag die kinders ekstra spesiaal laat voel. “Die aktiwiteite het toutrek, sakresies, eiergooi en ‘n appelhap uit water ingesluit, terwyl die grootmense ‘n skeerroomgeveg gehou het. Die kinders kon ook gaan swem en het meer as genoeg te eet en drink gehad,” het Loni vertel.

Daar was ook ‘n potjiekoskompetisie en IDA Care kon aan die einde van die verrigtinge ‘n tjek van R10 000 aan Angels Place oorhandig.

*Die kinders mag nie geïdentifiseer word nie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version