Editor's choiceNewsSchools

Hope talent by kunsuitstalling

Bastion spog met hul kunstalent

Dit het soos ‘n kunsgalery gelyk met al die skilderye, sketse en ontwerpe wat die skoolsaal versier het vir Hoërskool Bastion se jaarlikse kunsuitstalling. By nadere ondersoek het besoekers gesien dat dit alles die werk van hoërskoolleerlinge is.

Die uitstalling, wat op 26 en 27 September gehou is, het bestaan uit die kunswerke wat die Graad 10 tot 12 Visuele Kunste en Ontwerp-leerlinge in die eerste drie kwartale geskep het.

Die uitstalling is ook deur die moderatore vir die kunstevakke bygewoon. Al die leerlinge se werke sal op Woensdag (28 September) geassesseer word waarna die punte gebruik sal word om hul jaarpunt te bereken.

Bernadene Ross, die Visuele Kunste en Ontwerp-onderwyseres het met ‘n groot glimlag tussen die leerlinge se uitstallings deurgestap.

“Ek is vreeslik trots op al my kinders. Ek is so dankbaar dat ek hulle fasiliteerder kan wees en kan bydra tot die ontwikkeling van hul talente. Die resultate wat hier gesien word is absoluut amazing!

Die kinders besef nie altyd hoe ver hulle al gevorder het nie totdat hulle die kunsuitstalling bywoon. Dan sien hulle waar hulle was (eerste kwartaal), waar hulle nou is (derde kwartaal) en waar hulle graag wil wees (Graad 12),” het sy gesê.

Vir meer fotos, kliek hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button