Gemeente bederf vroue met heerlike Lentetee

Kleurvolle jaarlikse Dames Lentetee 'n groot sukses

Alhoewel die weer nader aan herfs as lente was, het dit nie die gees en entoesiasme van die gaste gedemp nie. Met die intrapslag by die kerk is jy begroet deur ‘n mengelmoes van helder kleure, baie blomme en ‘n geruis van stemme.

Die AGS Kerk Wilropark het Saterdag (17 September) hul jaarlikse Dames Lentetee aangebied.

Vroue van so ver as Kaapstad het die geleentheid bygewoon, wat met ‘n gelukstrekking afgeskop het sodat minstens een vrou by elke tafel ‘n geskenkie kon kry.

Daar was nie net geskenkies en heerlike eet- en drinkgoed vir die gaste nie, maar hulle is ook bederf met inspirerende gassprekers.

Anrich Herbst (Wimpie van Orkney Snork Nie-faam) en sy vrou Mia het vir die heel eerste keer saam by ‘n geleentheid opgetree. Hy het eers die gaste vermaak met ‘n paar sangitems (van Koos Doep tot Queen) en daarna het hulle hul storie vertel. Die titel van die praatjie was ‘n Nuwe Begin waartydens hulle vertel het hoe hulle amper geskei het maar nou onafskeidbaar is.

Elke vrou het nie net kos vir die liggaam gekry nie, maar ook vir die siel.

Vir meer fotos, kliek hier.

https://www.youtube.com/watch?v=RWQqSGW8ic4&feature=youtu.be

Exit mobile version