NewsSchools

Skeie laat die stof spat

Jukskei spelers sluit liga op hoë noot af

Hoërskool Bastion se jukskeispelers het ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug.

Die 0.16A-seunspan het onlangs aan die Direkteurstoernooi in Pretoria deelgeneem en met ‘n tweede plek weggestap.

Die o.16A-seunspanlede is Wion Horn, Dilan Bouwer, Devan van der Velde, Liza Rinke (afrigter), Dylan Erasmus en Michael Lombard. Fotos: Verskaf
Die o.16A-seunspanlede is Wion Horn, Dilan Bouwer, Devan van der Velde, Liza Rinke (afrigter), Dylan Erasmus en Michael Lombard. Fotos: Verskaf

Wion Horn en Devan van der Velde is as die presteerders van die dag aangewys, waarvoor hulle elkeen ‘n gouemedalje ontvang het.

Die o.16A-seunspan het bestaan uit Wion, Devan, Dilon Bouwer en Dylan Erasmus. Hulle het gekwalifiseer om aan die Direkteurstoernooi deel te neem toe hulle as die ligawenners aangewys is.

Die lede van die o.16 gemengde span is Monique du Plessis, Diané Erasmus, Matuschka de Jager en Michael Lombard.
Die lede van die o.16 gemengde span is Monique du Plessis, Diané Erasmus, Matuschka de Jager en Michael Lombard.

Matuschka de Jager, Monique du Plessis, Diané Erasmus, Michael Lombard en Mario Ragni het as ‘n gemengde span in die o.16- kategorie deelgeneem en het die liga met ‘n tweede plek afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button