Lente word gevier met fees

Dis heerlike lente - kom vier saam fees

Die winter is nou verby en lente is hier. NG Kerk Quellerina vier die geleentheid met hul jaarlikse Lentefees op 10 September.

Die fees is van 10vm tot 12nm en word by die NG Kerk Quellerina, Langelaan 81 aangebied.

Die dag beloof om groot pret te wees met markiestente vir uitstallers, pretparke met speletjies en vermaak vir die jongspan. Lance James gaan ook optree.

Kokkedoor se Valerie en haar span gaan sorg vir talle lekkernye en tuisgebak.

Daar gaan geleentheid wees om jou bloeddruk gratis te laat toets en hulle gaan ook ‘n Toy Run hê om speelgoed vir minderbevoorregte kinders in te samel.

‘n Gelukkige kaartjiehouer staan ‘n die kans om ‘n week se vakansie aan die KwaZulu-Natalse kus saam met vyf vriende te wen.

Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om die fees by te woon en aan die dag se pretaktiwiteite deel te neem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version