Editor's choiceLocal newsNews

Witpoortjie-tiener vermis

Weet jy waar sy is?

Charise Luciani, ‘n 16-jarige meisie van Witpoortjie is sedert 5 September vermis.

Sy het donkerbruin hare, bruin oë, is omtrent 1,65 meter lank en middelmatig gebou.

Haar ma, Elaine Luciani, het gesê haar dogter is tussen 10.30nm en 11nm van die huis af weg.

“Sy het ‘n briefie op die bed gelos. Ons vermoed dat sy saam met Deon Barnard is,” het Luciani gesê. Charise het in haar briefie geskryf,

“Ek is jammer ma. Deon het my kom haal.”

Hulle het reeds oral in Witpoortjie gesoek en met al haar vriende kontak gemaak, maar kon haar nie opspoor nie.

Barnard het ‘n boodskap op Luciani se foon gelaat waarin hy beweer het dat hy heelaand in sy kamer geslaap het en geen idee het waar Charise is nie.

Die familie het haar reeds by Roodepoort Polisiestasie as vermis aangemeld en ‘n saak geopen. Hulle gaan ook vandag plakkate laat druk en oral opsit.

As jy enige inligting het oor waar Charise haar dalk kan bevind, kontak vir Elaine Luciani by 079 536 6884.

“Ek wil net my dogter opspoor en haar terug hê by die huis,” het Luciani gesê.

Also Read:

Missing: Have you seen this man?

Missing dog found after seven months

Related Articles

Back to top button