Help om dié renoster op te spoor

Jy kan 'n prys kry as jy hom opspoor

Laerskool Helderkruin se feesdag vind op 27 Augustus plaas en die dag beloof om groot pret te wees.

Die slagspreuk vir die dag is

‘Bly kalm, ons hou die renoster dop’.

Feesgangers kan pryse wen deur op die uitkyk te wees vir die renoster wat heeldag by die fees gaan wees.

Hy kan op enige plek verskyn, wat beteken dat almal wat die fees bywoon, paraat sal moet wees..

Sou jy die renoster sien, moet jy hom aan die hand (of is nou poot?) vat en na die verhoog toe neem om jou prys te wen.

“Dit is alles deel van ‘n bewusmakingsveldtog oor renosters en hul bewaring,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte verduidelik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version