Editor's choiceLocal newsNews

Wen groot met jou Afrikaanse kennis

Afrikaans.com kompetisie se eerste fase sluit einde Augustus

Hoe lyk jou Afrikaans? Goed genoeg om R10 000 te wen?

As jou antwoord “Ja” is, gaan na die Afrikaanse webtuiste www.afrikaans.com en skryf in vir hulle kompetisie, Hoe lyk jou Afrikaans?

Die eerste fase van die kompetisie sluit op 31 Augustus, dus sal jy gou moet speel as jy een van die drie wenners wil wees.

Daar is drie kategorieë (klankopname/video, teksinskrywing, en foto) en daar is R2 000 vir elke wenner op die spel. Hierdie kategorieë se wenners word op 10 September getrek.

Die kategorie-wenners sal outomaties in aanmerking kom vir die groot prys van R10 000 wat in November aangekondig word.

Sou jy die die eerste fase gemis het hoef jy nie hartseer te wees nie, want jy sal nog steeds aan die tweede fase kan deelneem.

Maar, soos hulle sê, moenie iets wat jy vandag kan doen uitstel na môre nie.

Gaan sommer dadelik na https://www.afrikaans.com/wen en voltooi vandag nog jou inskrywing. Jy kan ook aan die #digterlik kompetisie deelneem, waar jy nog ‘n kans kry om outomaties vir die groot kontantprys in aanmerking te kom.

Al wat jy moet doen is om elke week jou gunsteling gedig (oorspronklik of iemand anders s’n) voor te lees, op te neem en op Youtube te plaas.

Vir meer inligting oor hierdie kompetisie, besoek www.afrikaans.com.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button