Tannie Rose is 104 jaar oud

Roodepoort Sentrum vir Bejaardes bederf inwoner op haar verjaarsdag

Rose Binda se onlangse verjaarsdag is met koek, tee, ‘n verjaarsdagliedjie en baie bederf gevier.

Rose is sedert April 2011 ‘n inwoner van die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes en het op 7 Augustus haar 104de verjaarsdag gevier.

Sy is in 1912 in Grahamstad gebore en was die derde dogter onder 10 kinders.

In 1937 is sy met ‘n Portugese mynkaptein getroud. Hulle was meer as 50 jaar getroud, totdat hy, na ‘n lang siekbed, aan kanker oorlede is.

Die egpaar het twee seuns van hulle eie asook twee kinders in pleegsorg gehad. Rose het een oorlewende seun wat tans in Zimbabwe woonagtig is.

Rose het vir baie jare in die finansiële sektor gewerk en was nog altyd baie lief vir kuns- en handewerk.

Sy is nie meer baie spraaksaam nie, maar sy hou haarself besig deur daagliks te brei en sy is baie trots op haar gebreide items. Sy is baie geliefd onder die sentrum se personeel en inwoners.

Rose se niggie, Una Webster, besoek haar gereeld. Una en haar man verskaf ook emosionele en finansiële ondersteuning aan Rose en hulle deernis en liefde vir haar kan baie duidelik gesien word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version