Editor's choiceNewsSchools

Bastion se babbelbekkies presteer

Leerlinge behaal goeie prestasies by redenaarskompetisies

Die spreekwoord sê dat kinders gesien en nie gehoor moet word nie, maar by Hoërskool Bastion is dit nie die geval nie.

Leerlinge het onlangs aan twee redenaarskompetisies deelgeneem waar hulle gewys het hulle kan praat.

Hulle het aan Hoërskool Florida se Babbelfees asook die jaarlikse Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem en baie goed presteer.

Die skool het spanne van Graad 8 tot Graad 11 vir altwee kompetisies ingeskryf en hulle het die volgende prestasies behaal:

Twanette Gelderblom, Luke Kahn, Desire Wehmeyer en Caitlin T’Lam wat in die Graad 8-span deelgeneem het, het by die Babbelfees 64 persent behaal. By die Oppie Tong Af-fees het hulle ‘n B gekry.

Ethan du Preez, Jaco Ferreira, Cameron Taylor en Matuschka de Jager was Span 1 vir die Graad 8’s en het 78 persent by die Babbelfees en ‘n B+ by die Oppie Tong Af-fees verwerf.

Tazmin Rossouw, Leanrie Swart, Monique de Kock en Nicole Oberholzer was die Graad 9’s se tweede span wat ingeskryf was en het 70 persent by die Babbelfees en ‘n C by die Oppie Tong Af-fees verwerf.

Delaine Gillard, Stephen Moolman, Rachael Motlabeni en Lee-anne Janse van Vuuren was die graad se derde span en het by die Babbelfees 64 persent verwerf en ‘n C by die Oppie Tong Af-fees gekry.

Franzelle Mertz, Zoe van der Plank, Emmie van der Merwe en Renaldo Ehrke het Graad 10 verteenwoordig en 73,5 persent by die Babbelfees en ‘n C by die Oppie Tong Af-fees behaal.

Die Graad 11’s het twee spanne ingeskryf.

JP Dreyer, Melissa Nel/ Jessica Malherbe, Jacques Hedrick van Aswegen en Luchelle Matthews was deel van Span 1 en het 83,5 persent by die Babbelfees en ‘n B by die Oppie Tong Af-fees verwerf.

Wian Viljoen, Karabo Nksoi, Simone van der Merwe en Calene Breet was die Graad 11’s se tweede span wat deelgeneem het en het 75,52 persent by die Babbelfees en ‘n B by die Oppie Tong Af-fees behaal.

Die volgende leerlinge het slegs aan die Oppie Tong Af-kompetisie deelgeneem en het die volgende prestasies behaal:

– Delaine Gillard (Graad 9): B

– Cameron Taylor (Graad 9): A

– Franzelle Mertz (Graad 10): A

– Melissa Nel (Graad 11): B+

– Jacques-Hendrik van Aswegen (Graad 11): B

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button