Editor's choiceNewsSchools

Lantern se mooistes by spoggeleentheid gekroon

Mnr en Mej Lantern gekroon

Lantern Skool se jaarlikse Mnr en Mej Lantern-kompetisie is op 10 Augustus aangebied. Die opwinding, spanning en afwagting van die gehoor was voelbaar toe die ligte in die skoolsaal afgaan en die program begin.

Lantern Skool bestaan uit ‘n laer- en hoërskool, en leerlinge van Graad 4 tot 11 kon aan die spog geleentheid deelneem.

Volgens Stephanie Barnard, die skool se bemarkingsbeampte, het dit ‘n maand geneem om die geleentheid te reël. “Ons het 30 laerskoolonderwysers, 30 hoërskoolonderwysers en 30 terapeute. Almal was betrokke by die reëlings vir mnr en mej Lantern,” het sy vertel.

Sy het ook gesê dat meer seuns as meisies ingeskryf het om deel te neem.

Die tema was Frozen en die aankondigers was Elsa (Sydné-Joy Millar) en Ana (Candice Cruz).

Die leerlinge kon in verskillende kategorieë deelneem. Die laerskoolmeisies het net ‘n junior kategorie gehad.

Die hoërskoolmeisies kon in die junior afdeling (Graad 7 tot 9) of die senior afdeling (Graad 10 en 11) deelneem.

Die seuns het almal in een afdeling (Graad 7 tot 11) deelgeneem.

Die titels wat op die spel was, is Mnr en Mej Lantern, Mnr en Mej Persoonlikheid (slegs hoërskoolleerlinge), Mnr en Mej Fotogenies en Debutante van die Jaar (meisie en seun wat die meeste geld ingesamel het).

Die geleentheid het ook met ‘n hele paar bekende beoordelaars soos Armand du Plessis (Mnr Suid-Afrka), Saritha Hamman (vorige Miss Teen Universe), Nikita Rentzke (professionele baldanser), Cilene Swanepoel (Miss Teen SA) en Roan Gonsalves (Mr Teen SA) gespog.

Jessica Brestler is as Mej Lantern Junior gekroon en Megan Baird is as Mej Lantern Senior aangewys, met Christal-Ann Mogase en Timone Theron as onderskeidelik haar eerste en tweede prinses.

In die seunskategorie is Thube Nhlapo as Mnr Lantern gekroon met Luciano Noble as eerste prins en Pieter Marais as tweede prins.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button