Editor's choiceLocal newsNews

Die Gereformeerde Kerk Ontdekkers is 50 jaar oud

50-jarige bestaan word dié naweek gevier

Die Gereformeerde Kerk Ontdekkers se 50ste bestaansjaar word hierdie naweek gevier.

Die vieringe vind van 5 tot 7 Augustus op die gemeente se perseel in Teaterstraat 11A, Florida plaas. Die kerk is skuins oorkant Unisa langs die Roodepoort Teater.

Die vieringe word afgeskop met ‘n bring-en-braai op Vrydag 5 Augustus om 5nm.

Saterdag 6 Augustus gaan daar ‘n konsert en gedenksteenlegging om 3nm en ‘n ete om 5nm wees. Besprekings moet gedoen word vir die ete.

Die vieringe word Sondag 7 Augustus met twee eredienste afgesluit. Die oggenddiens begin om 9.10vm en word deur ds H Stoltz gelei. Die aanddiens is om 6nm en sal deur ds Piet Fanoy gelei word.

Vir meer inligting kontak Daniela Pretorius by 082 325 6366 of die kerkkantoor by 011 672 3810.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button