Editor's choiceLocal newsNews

Cilene skitter op die loopplank

Hoërskool Florida-leerling het modelwêreld aan die praat.

Met een laaste kyk in die spieël maak sy seker alles – van haar hare en grimering tot by haar aandrok – lyk perfek.

Dan stap sy uit op die loopplank en word begroet deur flitsende kameras en dawerende applous.

Cilene Swanepoel, ‘n leerling van Hoërskool Florida, het onlangs aan die Miss Teen Continents- (voorheen bekend as Miss Teen World-) kompetisie deelgeneem.

Cilene Swanepoel is as tweede prinses gekroon tydens die Miss Teen Continents-kompetisie in Las Vegas. Foto: Verskaf
Cilene Swanepoel is as tweede prinses gekroon tydens die Miss Teen Continents-kompetisie in Las Vegas. Foto: Verskaf

Dit is in Las Vegas aangebied en sy het Suid-Afrika in die kategorie vir tienermeisies (14–18 jaar) verteenwoordig.

Sy is as tweede prinses gekroon.

Cilene het ook tydens die afgelope skoolvakansie aan die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles deelgeneem.

Daar was deelnemers uit 62 lande by dié kampioenskap.

Cilene het in drie kategorieë deelgeneem, naamlik modelwerk, dans en toneelspel. Sy het na die finale rondte deurgedring en een brons-, twee silwer- en drie goue toekennings verwerf.

In dieselfde kompetisie is sy met ‘n industrietoekenning beloon. Dié toekenning word gemaak aan die persoon wat die meeste potensiaal het om sukses in die uitvoerende kunste-bedryf te behaal.

Cilene Swanepoel met haar medaljes wat sy in Los Angeles verwerf het. Foto: Verskaf
Cilene Swanepoel met haar medaljes wat sy in Los Angeles verwerf het. Foto: Verskaf

Daar was ook beurse op die spel en Cilene het twee van die beurse losgeslaan.

Die beurse gee haar die geleentheid om na skool by die instansies te gaan studeer om haar kennis uit te brei.

Die een beurs is van die New York Film Academy ter waarde van $10 000 vir een jaar. Die tweede beurs is van die New York Conservatory for Dramatic Arts ter waarde van $20 000 vir twee jaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button