Local newsNews

Enrico skiet video by Gustav Preller

Tweede album op pad.

Die opkomende sangsensasie Enrico het die afgelope Vrydagaand die video vir sy nuutste enkelsnit, Soos die reën, by Laerskool Gustav Preller geskiet.

‘n Deel van die video speel af in die reën en die 23-jarige sanger moes die bibberende koue met ‘n nat lyf trotseer. Sy pa wat saam met sy ma sy bestuurspan vorm, het gesê dat Enrico ‘n duikpak onder sy klere moes dra vir die video. Hy het ook geskerts dat Enrico se ma heelweek vir die wis en die onwis vir hom verkouemedisyne ingejaag het.

Alhoewel die liedjie, wat geskryf is deur Joshua na die Reën, nog nie vir die publiek beskikbaar is nie kan dit reeds op die radio gehoor word. Sy tweede album, Dis wie ek is sal binne twee maande beskikbaar wees.

Enrico, wat gereeld saam met groot name soos Bobby en Karlien van Jaarsveld toer, was geheimsinnig oor die betekenis van die liedjie en wou nie veel weggee nie.

“Dit is ‘n liefdesliedjie, maar met ‘n twist,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button