NewsSchools

Kruiners se ruiters presteer op ‘n galop

Drie ruiters in Gauteng-Wes-span ingesluit

Ruiters van Laerskool Helderkruin het onlangs aan die vierde Sanesa- (South African National Equestrian Schools Association) interskolekompetise deelgeneem en baie goed gevaar.

Liezl Cloete, Marizelle van Wyk en Karla Strydom is na afloop van die kompetisie in die Gauteng-Wes-span opgeneem. Hulle gaan van 5 tot 8 Augustus aan die streeksuitdunne deelneem.

Die ruiters het aan verskeie kategorieë deelgeneem en die volgende plekke behaal:

* Vier eerste plekke

* Een tweede plek

* Twee derde plekke

* Drie vierde plekke

* Drie vyfde plekke

* Een negende plek

Ruiters wat aan die einde van die uitdunne in die top agt plek kry, kwalifiseer om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem wat in Oktober plaasvind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button