Breë glimlagte aan die orde van die dag

Inwoner bederf die manne wat die koerant aflewer

Wilma Venter, ‘n inwoner van Florida, het haar dankbaarheid teenoor die manne wat weekliks die Roodepoort Record aflewer, op ‘n besondere wyse betoon.

Vir die afgelope vyf maande gee Wilma iets om te eet en te drink aan die afleweringsvoertuig se bestuurder, met die versoek dat hy dit met die afleweraars deel.

Sy het een Donderdag besluit om warmbrakke en koeldrank in te pak, en dit self aan die afleweraars te gaan uitdeel. “Ek wou hulle vra om hul oë en ore oop te hou vir enige suspisieuse gedrag, persone of voertuie en dit aan die inwoners te rapporteer. So help ons om misdaad in ons area te verminder. Ek self was al ‘n slagoffer van ‘n misdaad wat voorkom kon gewees het as mense net meer oplettend was.”

Sy het ook die geleentheid gebruik om elkeen van hulle te bedank vir hul harde werk en hulp.

“Ek doen dit nie omdat ek erkenning wil hê nie, maar omdat ek omgee.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version