Armes en mishandeldes se nood word verlig

Ons samel ook klere, kos en komberse in

Drie jaar gelede is die niewinsgewende organisasie Care Help gestig met die doel om arm mense in die omgewing te help.

Die stigter, Chris van Rensburg, wat ook die eienaar van Razze Dazzle Musiek is, het vertel hy was in Bloemfontein met ‘n musiekfunksie besig toe hy gehoor het van ‘n vrou en haar drie kinders wat in ‘n drein slaap. “Sy is jare lank deur haar man mishandel. Ek het net daar besluit dat ek ‘n verskil in die lewe van mishandelde vroue en kinders wil maak.”

Dit het hom geïnspireer om die Care Help-organisasie te stig. “Ons het reeds ‘n huis op ‘n plaas in Hartbeespoort ingerig en beoog om dieselfde in Witpoortjie te doen.”

Chris het gesê hulle het gewoonlik fondinsamelings buite supermarkte waar hulle vir skenkings vra. “Ons samel ook klere, kos en komberse in en dit word tans versprei soos dit nodig is. Ons het ‘n lys van verwysings van mense wat hulp nodig het.”

Diegene wat donasies wil gee kan dit by die Witpoortjie Biblioteek gaan aflaai, of vir Chris skakel by 060 714 9390 vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version