94 jaar jonk

Baie geluk oom Steyn

Steyn Slabbert, ‘n inwoner van die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes gaan op 14 Junie sy 94ste verjaarsdag vier. Steyn is in die Karoo gebore en het in Pretoria en Roodepoort gewoon. Hy en sy oorlede vrou Joy was 62 jaar getroud. Die epgaar het drie seuns, vier kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

Hy is baie gesond, woon nog in sy eie huis en bestuur nog sy eie motor. Hy was vir ‘n paar jaar die pretloopwenner by die Sentrum. Hy het ook onlangs deelgeneem aan die opvoering genaamd Die agterstevoor troue, in die rol van die strooimeisie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version