NewsSchools

Kruinerkoor deur na nasionale kompetisie

Die optredes word in Augustus en September uitgesaai

Laerskool Helderkruin se junior- en seniorkore het na die finaal in die grootste Nasionale Skoolkore-kompetisie deurgedring.

Volgens Hanli-Mari Olivier, kommunikasie koördineerder van die skool sê die skouspelagtige kompetisie word deur kykNET aangebied. “Ons is ongelooflik trots op die koorlede. Die kompetisie vind in September by Silvertar Casino Ouditorium plaas en sal albei kore se eerste optrede wees. Die kompetisie is die eerste in sy soort wat skole regoor die land die kans bied om op nasionale televisie hul merk te maak en in die proses hul deel in R50 000 se pryse los te sing.

“Daat is twee kategorieë vir die juniorkoor (gr 1 tot 3) en seniorkoor (gr 4 tot 7). Hulle kan onder andere ‘n 10 snit CD opname en ‘n musiekvideo opname en R5 000 vir hulle skool wen. Die kore moet twee liedere sing – ‘n Christelike en kontemporêre lied.

Die optredes word in Augustus en September uitgesaai.”Die kinderkoor word deur Melida Nel begelei en die dirigent in Henk Barnard.

Die juniorkoor staan onder leiding van Elise Fourie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button