Editor's choiceLocal newsNews

Kolonel Cassie groet Florida

Tree af na 42 jaar.

Kolonel Cassie Rautenbach, bevelvoerder van Florida Polisiestasie, tree na 42 jaar in die diens af.

Die eerste stasie waar kolonel Cassie diens gedoen het, was in Lime Acres in die Noord-Kaap. Hy is ook daar gebore en getoë. Van sy snaaksste herinneringe in die polisiediens is oor die manewales van bewoners van daardie streek. Die hoogtepunt in sy loopbaan was vir hom toe hy tot luitenant bevorder is. Hoogtepunte van sy lewe sluit sy troudag en die geboorte van sy vier seuns in.

Hy is ‘n kranige hardloper en sien daarna uit om weer die Comrades-maraton aan te pak. Hy is ook versot op lees en het gesê hy het ‘n “pak boeke” om te lees.

“Ek is baie lief daarvoor om met mense te werk en gaan dit die meeste mis. Wat ek die minste gaan mis is vergaderings,” het hy geskerts.

Kolonel Cassie wat vir 11 jaar aan Florida Polisiestasie verbonde was, het gesê, “Florida se gemeenskap is een van die bestes in Gauteng. Jy sal vêr gaan om dié klas van mense te vind.”

Na die onderhoud het André Marx namens Hoërskool Florida ‘n sertifikaat vir sy “onbaatsugtige diens” aan hom oorhandig.

Florida Police to strengthen bond with community

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button