Local newsNews

Die Flooze staan bankvas agter Joshua

Fondsinsameling in Junie word deur die Flooze (Sorina Erasmus) gelei.

Die Witbank Flooze, soos sy sedert haar tyd op sepie 7de Laan bekend staan, en ‘n jonger kunstenaar is reg om vir plaaslike kankerleier Joshua Coetzee, 12, fondse in te samel.

Joshua is in Julie 2015 met Ewing sarcoma, ‘n vorm van beenkanker, gediagnoseer. Die kanker is in sy lae rug gediagnoseer. Hy het verlede jaar ses sessies van chemoterapie ondergaan en is tans besig om ‘n siklus van bestralingsessies te voltooi.

Help Joshua share his journey

‘n Fondsinsamelingskonsert word beplan en sal by die NG Gemeente Kloofendal op Saterdag 4 Junie om 2nm gehou word. Sorina Erasmus, wat haarself Flooze hou op die verhoog, gaan optree en sy word ondersteun deur tienersanger Henno William. Henno, 13, is Suid-Afrika se heel eerste Golden Buzzer-ster en was verlede jaar ‘n finalis in SA’s Got Talet.

Joshua doing well but campaign hit a snag

A few hours left to help Joshua

Kaartjies kos R90 per persoon en kan per bankoorplasing voor betaal word. Betaalbewyse moet saamgebring word op die dag. Die NG Gemeente Kloofendal is te 19 Opallaan, Kloofendal geleë. Vir verdere inligting kontak Sonia by 078 698 1601.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button