Local newsNews

‘n Kykie na die Suidwester se mense

Die voorblad van die boek is deur Hannes geskilder

Horison Huisteater het die eerste skrywer aan die gemeenskap op 18 Mei tydens ‘n sop- en sjerrie aand bekendgestel.

Hannes Deetlefs en sy vrou Annemarie, wat in Switserland woon, se boek Boertjie is ‘n dieper kykie na die mense van Suidwes, maar meer spesifiek oor sy ouers, Hermann en Elisabeth Deetlefts. Hermann was destyds die beste matrikulant in sy jaar. Maar, hy het, kort nadat hy matriek geskryf het as stoker op die treine gewerk waar hy ook groot opspraak verwek het nadat hy as die eerste skolier wat ‘n beurs verwerf het, toegeken is.

Chrisna van Rensburg, eienaar van die Huisteater het Hannes voorgestel en gesê dat hulle mekaar in 2014 deur e-pos ontmoet het. “Hy is nie net ‘n skrywer van formaat nie, maar word ook gesien as ‘n taalkenner, pianis, onderwyser, kunstenaar en ‘n bouer van modeltreine,” het Chrisna gesê.

Hannes op sy beurt het weer staaltjies uit die verlede en interesante inligting wat hy tydens die navorsing van sy boek gekry het, vertel. “My pa het noukeuring dagboek gehou van sy lewens ervarings, sy hartseer, swaarkry en vreugde toe hy sy vrou Elisabeth ontmoet het, en natuurlik ook oor die geboorte van hul kinders. Sy bynaam was Boertjie – vandaar die naam van die boek. Die feite en daarmee ook die seleksie van temas en gebeure is so noukeuring as moontlik aangeteken soos verkry uit talle dagboeke, briewe en fotos van my ouers.

“Groot moeite is gedoen om so korrek as moontlik die gebeurtenisse, die emosies, die vrees en verwardheid van daardie moeilike tye weer te gee. Natuurlik is daar altyd twee of selfs meer weergawes van hierdie historiese werklikhede soos die wetenskaplike neutrale en die polities gekleurde. Daar is gepoog om die neutrale feite te gebruik, en ook wanneer die neutrale feite die een of ander party nie gepas het nie. Baie dinge stem nie meer met die moderne sienings van vadag ooreen nie, maar dis is juis waaroor die gaan. Die minirokkie en nog meer die ‘skandalige’ bikini was destyds groot nuus, vandag nie. ook is dit ‘n feit dat nie alle bewerings geboekstaaf kan word nie,” verduidelik Hannes.

Terwyl die Deetlefs-egpaar in Suidwes gebly het hulle besluit om ‘n dogtertjie aan te neem aangesien hulle nie kinders van hul eie kon hê nie. Soos die tyd aanstap het haar velletjie egter donkerder geword en haar haartjies het al hoe meer begin krul. “Die maatskaplike werkers het gemeen dat dit ‘n fout is en dat ons die baba moet omruil vir ‘n wit kind. ‘n Griekse tragedie het om afgespeel en ons het besluit om Switserland toe te verhuis. Maar daar het dinge ook nie glad verloop nie.”

Die voorblad van die boek is deur Hannes geskilder en die boek kos R250.

Skakel vir Chrisna op 011 766 4015 of 083 234 0245 vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button