NewsSchools

Groot prestasies vir nuwe ruiters

Beginners in die perdry-wêreld het by Interskole kompetisies goed presteer.

Vyf Kruiner ruiters het gewys wat in hul steek en tussen hul 10 eerste plekke tydens ‘n onlangse Interskole kompetisie behaal.

Almal is nog maar beginners wat nog net tussen 12 en 18 maande perdry, maar dit het hulle nie afgesit nie, vertel skoolwoordvoerder Hanli-Mari Olivier.

Vier interkole kompetisies dien as proewe in elke streek, en Laerskool Helderkruin val onder die Gauteng Wesstreek. Tydens die kompetisie het ruiters in verskillende klasse deelgeneem; onder andere moes hulle ‘n hindernisbaan sowel as ‘n baan vol verskeie aktiwiteite deurwerk (‘dressage’) en verskille tipes spronge uitoefen.

Dié kompetisie het as uitdunne vir die Gauteng Finaal (streekskompetisie) in Augustus gedien. Ruiters moet in drie van die vier kompetisies ‘n plek in die Top 8 behaal om deur te gaan. In dien hul by die Gauteng Finaal weer ‘n plek in die Top 8 behaal, gaan hul deur na die Provinsiale kompetisie aan die einde van die jaar. Die ruiters het ook die geleentheid om streekskleure en provinsiale kleure te verdien.

Slegs drie van die Interskole kompetisies het al tot dusvêr plaasgevind, maar die meisies het ‘n allemuntige tien eerste plekke tussen hulle behaal.

Die res van hul uitslae was as volg:

• Agt 2de plekke

• Twee 3de plekke

• Nege 4de plekke

• Twee 5de plekke

• Ses 6de plekke

• Een 8ste plek

• Twee 10de plekke

• Een 11de plek

• Een 12de plek

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button