Local newsNews

Tuis by Ons Huis

Ons Huis Aftreeoord het op Vrydag 6 Mei die inwoners bederf met ‘n Moedersdagete. Die inwoners, onder die bestuur van Marita van den Bergh het diegene wat nog selfversorgend, maar tot ‘n mate afhanklik is, bederf met ‘n kospakkie wat hulle onder die bome kon geniet. Die inwoners is versoek om ‘n foto van hul …

Ons Huis Aftreeoord het op Vrydag 6 Mei die inwoners bederf met ‘n Moedersdagete.

Die inwoners, onder die bestuur van Marita van den Bergh het diegene wat nog selfversorgend, maar tot ‘n mate afhanklik is, bederf met ‘n kospakkie wat hulle onder die bome kon geniet.

Die inwoners is versoek om ‘n foto van hul kinderdae aan hul klere vas te steek.

Dié aftreeoord het tans 120 inwoners waarvan 33 met Dementia leef terwyl nog 33 in die verswakte afdeling tuisgaan asook nege inwoners, wat aan Alzheimers ly, wat in Immaneul Huis woon. “Die oumense is nog tot ‘n mate selfversorgend en hulle word aangemoedig om daagliks aan basiese rekreasie aktiwiteite deel te neem,” verduidelik Marita. Sy voeg by dat die aktiwiteite brei en borduur insluit.

“Ons het 39 mense wat in die woonstelle bly. Hulle is totaal selfversorgend en kan onafhaklik funksioneer. En dan is daar nog agt pasiente op uitreik. Dis bejaardes wat in hul eie huise bly, maar word op ‘n daaglikse of weeklikse basis deur ‘n verpleegkundige besoek, afhangende van die behoefte.”

Volgens Marita gaan die afteeoord volgende jaar hul 70ste bestaansjaar vier en reëlings om die dag besonders spesiaal te maak is reeds in volle swang. “Ons het verskeie funksies wat die jaar aangebied word om geld in te samel. Op 12 Mei gaan die verpleegsters en versorgers bederf word. Daar word beoog om van die inwoners aan te trek soos ‘n verpleegster en verpleegster dra gewone klere. Elkeen gaan ‘n geskenkpakkies ontvang.

“Die volgende groot funksie is op 31 Julie waar ons ‘n kermis beplan. Lede van die publiek kan ‘n stalletjie huus om hul ware uit te stal en verkoop.”

Elke eerste Vrydag van die maand verkoop hulle kos aan die publiek:

3 Junie Pannekoek

1 Julie Vetkoek

5 Aug Hamburgers

2 Sept Wors Broodjies

7 Okt Kerrie en Rys

4 Nov Pannekoek

2 Des Hamburgers

Belangstellendes kan vir Marita op 011 672 5018 skakel.

Vir meer fotos: kliek hier

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button