Die Stripshow wat jy nie kan misloop nie

Strip die volstruis-mentaliteit weg met dié kenner.

Daar word plan om te ‘strip’, maar nie te ontklee nie, by die Roodepoort Teater vandeesweek gemaak.

Die manewales het reeds begin. Vanaf Dinsdag 3 Mei tot Saterdag 7 Mei is bekende teoloog, Bybel- en seksualiteitskenner Timothy Kieswetter op die verhoog met ‘n ander tipe vertoning. Danksy Lefra Produksies gaan Kieswetter ‘n one-man show met ‘n twist aanbied — Die Stripshow.

Met hierdie produksie wil hy daaraan werk om die volstruis-mentaliteit van die hedendaagse gemeenskap te ontbloot.

Volgens regisseur, Frans Swart sal die gehoor “‘n ontmaskering en ontnugtering van seksuele taboes beleef soos nog nooit tevore nie”.

Kieswetter beloof om die sluiers te lig en te ‘strip’ met woorde en nie klere nie.

Kaartjies kos R180 per persoon maar ‘n 10 per sent afslag word aan blokbesprekings van groter as 10 toegedien. Kaartjies kan deur Computicket geboek word.

Optrede datums en tye:

• Vrydag 6 Mei om 8nm

• Saterdag 7 Mei om 8nm

Exit mobile version