Druk verkeer met ‘n lied in die hart

Die orkes gaan tot einde Mei motoriste vermaak

Die Johannesburg City Brass Quintet het gesorg dat motoriste Vrydagmiddag verkeer met ‘n lied in die hart aandurf.

Die musikale groepie het verlede Vrydag op die sypaadjie by McCarthy Volkswagen Westgate motoriste vermaak met hulle musiek.

Volgens Fanie Ceronio, bestuurder van die vloot department wou hulle iets anders doen en nie op dieselfde trant as die ander motorhandelaars terug aan die gemeenskap gee nie. “Ek het die nuwe voertuigbestuurder Ferdie Hiesterman het belsuit dat ‘n orkes net die regte ding gaan wees. Dit is die tweede keer dat on die orkes hier het en tot dusver is die reaksie van die publiek baie positief. Die motoriste staan by die verkeerslig en luister na die orkes. Die musiek bring bietjie verligting na ‘n harde week se werk en dit maak die drukverkeer meer draaglik.”

Fanie sê hulle is redelik betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte. “Dis ons manier om terug te gee vir die gemeenskap sodat hulle weet dat ons ook vir hulle almal omgee. Ons is ook betrokke by die Roodepoort Chamber of Commerce and Industry (Rocci) se waterprojek. Ons het die vervoer van die water na Sannieshof geborg,” sê Fanie.

Van die motoriste het bietjie langer by die verkeeslig gestaan terwyl ander toeters geblaas het.

Die orkes gaan tot einde Mei motoriste vermaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version