NewsSchools

Bendegeweld word ‘n werklikheid by Hoërskool Florida

Hoërskool bied die donker bende- en geweldtemas in hul produksie van die dramastuk, Krismis van Map Jacobs, aan.

Die Florries se toneelspel is weer aan die brand vanjaar waar hul regmaak om Krismis van Map Jacobs, ‘n drama teks deur Adam Small, vir leerlinge en die gemeenskap aan te bied.

Dié dramastuk met sy donker temas speel in die apartheidsjare af, waar die bruingemeenskap swaar onder die juk van apartheid leef. Bendes vier hoogty en beheer die gemeenskap, en Map Jacobs is die sentrale karakter, ‘n bendeleier van drie van die grootste bendes.

Bendelede loop een aand op soek na mense om te beroof en sien twee vrou aangestap kom. Hul besluit om nie net te roof nie maar te verkrag, en Map gee toestemming en die bevel. Hy besef nie dat die twee vrouens so na aan sy eie hart is nie. Hy besef later wie hul verkrag het en sy dade lei daartoe dat hy tot sewe jaar in die tronk gevonnis word.

“Map kom later uit en word weer deel van sy gemeenskap as ‘n veranderde, nuwe mens.

“Met God se vergifnis word die wêreld vir hom ‘n heel ander plek,” het skoolwoordvoerder Morné Hanekom gesê.

Dit is dus nie ‘n verhaal om mis te loop nie. Krismis van Map Jacobs is een van die voorgeskrewe dramatekste wat leerlinge in Afrikaans Huistaal in matriek moet bestudeer.

“Die Florries nooi die gemeenskap hartlik uit om hul weergawe van die roerende produksie te kom geniet,” het Mornê gesê.

Die produksie word op Woensdag 11, Donderdag 12 en Vrydag 13 Mei opgevoer in Hoërskool Florida se skoolsaal vanaf 6.30nm. Kaartjies kos R60 per persoon, met ‘n spesiale prys van R40 per leerling vir blokbesprekings deur ander skole in die omgewing. Blokbesprekings sluit Maandag 2 Mei en kan bespreek word per e-pos na msschutte@florries.co.za. Bankbesonderhede is op aanvraag beskikbaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button