EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Geen sprokiestroue by Roodepoort Teater

ROODEPOORT – Die skreeusnaakse komedie Daa' Gaat die Bruid het gehore behoorlik aan die lag.

Teatergangers het met groot afwagting die Roodepoort-teater volgepak vir die finale optrede van Daa’ Gaat die Bruid.

Oud en jonk wou almal die Lefra Produksie sien voordat dit uit Roodepoort vertrek het na ‘n volgende bestemming. Hulle is ook nie teleurgestel nie en het die teater met breë glimlagte en trane van al die skaterlag verlaat.

Daa’ Gaat die Bruid is die eerste produksie uit vier van die Roodepoort-teater se minifees. Dit was die topverkoper by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn. Die produksie was in die kol – veral vir teatergangers wat so ‘n bietjie lawwigheid nodig gehad het ná ‘n besige week.

Die toneelstuk begin met die bruid, Judy Ackerman (Debré Rossouw) wat osaam met haar ma, Ursula (Edrien Erasmus) op die verhoog verskyn. Hulle is in hul kamerjasse, besig om reg te maak vir die groot dag. Alles is nog rustig en die gehoor is salig onbewus van die chaotiese dag wat vir hulle voorlê.

Toe Afrikaanse teaterlegendes, Lieb Bester en Marga van Rooy op die verhoog verskyn, is hulle begroet deur reuse-applous. Van Rooy speel die rol van die vergeetagtige ouma wie se deurmekaarheid sorg vir baie komedie. Sy vergeet om oupa (Bester) se swart sokkies in te pak en hy is erg omgekrap omdat hy nie sokkies het nie.

Die bruid se pa, Malan (Cobus Venter) veroorsaak ‘n onvoorsiene ongelukkie, maak onwetend amok en veroorsaak groot ongelukkigheid vir die Ackerman-gesin.

Die gehoor het so lekker gelag dat selfs die akteurs Venter, Erasmus en Van Rooy in ‘n stadium nie hul lag kon hou nie.

Drie ander produksies, Groet die Grotheld, As Drome Vlerke Kry en Die Stripshow wys binne die volgende twee maande by die Roodepoort-teater as deel van die minifees.

Besonderhede: 011 815 3000.

Verwante artikels: Vier nuwe teater-produksies oppad

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button