Editor's choiceLocal newsNews

Die Boeremusiekgilde dans met ‘n doel

Die Witwatersrand tak bied 'n Cansa-dans einde April aan.

Die Witwatersrand tak van die Boeremusiekgilde voeg graag ‘n doelwit aan hul spesiale dansbyeenkoms dié April.

Die tak nooi inwoners uit om by hul aan te sluit vir die Cansa-dans op 23 April vanaf 5nm. Die dans word by Hoërskool Birchleigh, op die hoek van Maroele en Olienhoutstraat in Kempton Park gehou. Die tak bedien die hele Oos- en Wes Rand, Sentraal Johannesburg sowel as Heidelberg, Balfour, Villiers en aangrensende gedeeltes en sien uit na ‘n groot opskop.

Die dans begin amptelik om 6nm. Vure sal aangesteek word vir ‘n braai en pap en sous sal beskikbaar gestel word teen R15 ‘n porsie. Eie ander verversings ook welkom. Kaartjies kos R60 per persoon vir nie-lede, R40 per lid en kinders onder 18 mag gratis bywoon. ‘n Addisionele R10-fooi word gelas om aan Cansa te skenk. Voorafbetaalde besprekings verseker jou tafel. Vir verdere inligting skakel Ilze by 072 610 4913.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button