NewsSchools

Roodies se eie top boogskut

Chané sal einde April aan die Nasionale Boogskietkampioenskappe gaan deelneem

Laerskool Roodekrans kan beslis trots wees op die prestasies van leerling en beste boogskutter, Chané van Jaarsveld.

Dié jong skut het immers haar Gauteng Provinsiale kleure verower in boogskiet gedurende die eerste skoolkwartaal. Sy het aan die Gauteng Provinsiale kampioenskappe vir Boogskiet onder die ‘IFAA Indoor’-afdelinge gaan deelneem en ‘n algehele tweede plek behaal.

“As dinge goed verloop sal Chané einde April aan die Nasionale Boogskietkampioenskappe gaan deelneem.
“Ons wens haar sterkte toe met haar oefening en voorbereiding,” het skoolwoordvoerder Theolene Pienaar gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button