Editor's choiceLocal newsNews

Vaughn van Zyl ontvang oorkonde

aughn het met verskeie musiekhoofde van koorskole by Kings College, Cambridge, Westminster Abbey, St Paul's Cathedral en Eton College vergader.

Koormeerster Vaughn van Zyl het voorverlede Vrydagaand ‘n oorkonde van die ATKV-tak Quellerina vir sy jarelange afrigting van koorsang toegedien.

Schalk Cilliers, nuutverkose uitvoerende bestuurder sake-eenheid van die ATKV het die oorhandiging behartig.

Vaughn se bydra tot koorsang het reeds in 1985 begin toe hy vir vier jaar lid van die Drakensberg Suenskoor en hoofseun was. Hy tree ook as koorlid tydens die diens in die Vatikaan op.

In 1988 voltooi hy as hoofseun, sy hoërskoolloopbaan aan Heidelberg Hoër Volkskool. Tydens sy dienspligjare het hy saam met die Kanaries en ook in die weermag-kerkkoor gesing.

Daarna word hy as die eerste studentekoormeester en later ook as begeleier van die Drakensberg Seunskoor aangestel. Hy onderneem verskeie oorsese toere.

“Vaughn dirigeer kore tydens hulle optredes voor Nelson Mandela en verskeie ander hoogwaardigheidsbekleërs asook saam me verskeie filharmoniese orkeste,” sê Schalk. “Hy het ook verskeie werkswinkels in koor- en Afrikamusiek vir dirigente in Amerika aangebied. Hy was genooi om ‘n Afrika-musiekprogram met kore in Washington voor te berei.”

Schalk sê Vaughn het met verskeie musiekhoofde van koorskole by Kings College, Cambridge, Westminster Abbey, St Paul’s Cathedral en Eton College vergader.

“Vaughn se talente word ook verder aangewend. Hy was die afrigter en dirigent van die Black Tie Ensemble, mede-aanbeider van die musiekprogram Sakkie Langarm vir kykNET, aanbieder van Musiekforum op SABC 1, genooide gas by Maak ‘n Las en Lirieke-raai en beoordelaar en mede-beoordelaar by ATKV-koorfeeste en ander kompetisies.”

Van 1999 to 2005 was hy musikale direkteur van RAU/UJ Song and Dance Company en in 2003 ontvang Vaughn die Founders Award for Outstanding Contribution van die Drakensberg Seunskoorskool.

“Vaughn rig tans die kore van Hoërskool Florida, Heidelberg Hoër Volkskool, Laerskool Andton van Wouw asook drie kore van St Peter School,” het Schalk gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button